Big boys of the road

RSS
Follow by Email
Facebook
Facebook
Twitter

DONOVAN Wright, Derick Fredericks, Ebenezer Felix, Sammy Claasen and Keith Meyer. Tucked in behind Wright is John September. Wright went on to become a hugely successful Two Oceans Marathon and Comrades Marathon athlete. Fredericks, Felix, Meyer and September were exceptional track athletes, holding records at one stage or another.

In the article below, reference is made to Derick Fredericks, Keith Meyer and John September. 


SAAAR se bestes in die Paarl byeen

Berig: Frederick Koopman

Die Suid-Afrikaanse Amateur-Atletiekraad (SAAAR) hou vandag en môre sy jaarlikse kampioenskapsbyeenkoms hier in die Daljosafat-stadion.
Die room van die Raad se baan- en veld-atlete uit die die Westelike Provinsie, Oostelike Provinsie, Natal, Suidwestelike Distrikte, Noordwes-Kaapland en die Boland, sal hier in aksie wees.
Twee skole uitnodingspanne van Boland en die WP sal ook deelneem.
Laasgenoemde spanne, veral dié van die WP, het beïndruk op Sasssa se nasionale skole-kampioenskapsbyeenkoms wat op Oudtshoorn gehou was. Al die top-atlete van die WP se skole-span gaan deelneem, en die verwagting is dat hulle veral die junior nommers sal oorheers.
Die byeenkoms begin vandag om 6.30 nm. en môre om 11 vm. Toegangsgeld is R2 vir volwassenes.
Met dié byeenkoms herdenk die Raad ook sy 45ste bestaanjaar. Andy Timmie van die WP behoort in die 100 en 200 m vir senior mans sy slag te toon.

B Phiri
PUIK ATLETE:Derek Fredericks, die junior rekordhouer van die Boland, kom teen Clint Cloete (WP), die SA rekordhouer (senior mans) en Bobang Phiri (WP), die huidige kampioen, te staan.

Dit is egter in die 400 m waar die vonke behoorlik kan spat. Derek Fredericks, die junior rekordhouer van die Boland, kom teen Clint Cloete (WP), die SA rekordhouer (senior mans) en Bobang Phiri (WP), die huidige kampioen, te staan.
In die 800 m vir senior mans behoort M. Franks, Keith Meyer (albei WP), Michael Toll en die Bolanders Derek Fredericks, Jurie Swart en Andreas Biko vir groot opwinding te sorg.
John September (WP) sal seker die 1 500 en 5 000 m oorheers. In die naellope vir junior mans sal sake uitgespook word deur Francisco Naude (Boland), Mario Jacobs (Boland) en C. Morris (WP).
Die hoogspring vir mans is ook een van die nommers wat dalk vir hope aksie kan sorg. Daniel Orange (Boland) en Graham Schaffers (WP), die huidige SA kampioen, het reeds albei oor die 2 meter gespring en die verwagting is dat dié twee mekaar lelik gaan opdreun.
In die afdeling vir vroue is daar nie veel sterk mededingers in sekere nommers nie.
Nogtans behoort die middelafstande hier groot belangstelling gaande te maak met Joline Daniels (OP), Belinda Nkonzo (WP), Carmen Neethling (BOland) en die ervare Velda Booysen (WP).
In die naellope behoort Odessa Krause (WP), C. Prince (OP), Suzzette Africa en Caroline Present (Boland) sake uit te spook, terwyl Gawa Moyce (WP) en Melanie Hitzeroth (OP) in die gewigstoot die wenner op te lewer.
Elois Capley en Gwendoline Ephraim kan in die verspring mekaar die stryd aansê, hoewel eersgenoemde dalk ook ‘n uitblinker in die naellope kan wees.
Die SA Atletiekraad het in die verlede groot uitblinkers opgelewer wat vir niemand hoef terug te staan nie en as die weer oor die naweek saam speel sal die groot skare wat verwag word atletiek uit die boonste rakke sien.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *